Jonathan Steinmann has been appointed as the new Secretary General for SANIFAA. We would like to welcome him to the committee and wish him all the best for the future in the position.
Hier is so kort beskrywing van sy archery geskiedenis. Hy het in 2008 sy eerste boog gekoop hoofsaaklik om mee te gaan jag, maar soos meestal die geval is het hy begin besef dat daar baie meer is as om te jag met n boog en wat doen jy as jy nie kan jag nie jy begin teiken skiet. Hy het met sy jagboog begin indoor kompetisie skiet en toe later vir hom ‘n teiken boog aangeskaf en toe ernstig begin met target archery.
‘n Paar hoogte punte,
Provinsiale klere verwerf: SANAA indoor, SANAA FITA en SANIFAA indoor.
Nationale klere verwerf: SANIFAA indoor.
Hy was ook lid van die SANFAA span tydens die WIAC 2011 waar hy deur gegaan het na die finale uitskiet rondte
Tans werk hy as n Projek Bestuurder vir een van die mynhuise waar sy agtergrond kennis as Meganiese Ingenieur baie hulpsaam is